Gereformeerde Kerk Pretoria-Magalieskruin

'n Bybelgetroue kerk met die eer van God as hoogste prioriteit.
PrekeSluit aan

Ons basiese uitgangspunte:

  • Jesus Christus is die mens se enigste Verlosser en Hoof van hierdie gemeente.
  • Die Bybel is God se Woord en is in alles betroubaar en waar.
  • Ons saligheid is van begin tot einde net onverdiende genade.
  • Ons diens aan God en ons lewe as sy kinders moet volgens sy Woord gevorm word.

Eredienstye:

Eredienste in 2025 vind op Sondae om 10:00 en 19:00 (17:30 tydens skoolvakansies en langnaweke) plaas.

Ons strewe daarna om:

  • God weekliks opreg saam te aanbid in die eredienste;
  • onsself en ons medemens geestelik op te bou deur liefdesdiens en die gawes wat die Here gee;
  • mekaar as broers en susters in die Here lief te hê en by te staan;
  • armes en ander in nood in hierdie gemeente asook wyer met liefde te help;
  • die Here se Woord gedurig te ondersoek met die oog op ’n Bybelse lewenstyl;
  • deel te neem aan die verspreiding van die evangelie na almal wat sonder God leef.